Attie Brits - Auction 2.

Attie Brits se prestasies sal nog vir baie lank in die gange van die duiwe kampioene hang!
Hy was ‘n kort en kragtige man, ‘n man wat altyd die kortpad na sukses nagevolg het.
Buiten sy duiwe prestasies was hy boonop ‘n baanbreker plaasboer, ‘n man van inbors wat ‘n geweldige impak op die landbou sektor gemaak het.
Ons wil graag Attie as ‘n legende eer en sy bydrae wat hy gemaak het, deur uitstaande duiwe in te voer, laat voortleef.
Attie was geweldig kompeterend in ODRA die afgelope twee seisoene, maar met sy invoer van die Kittels het hy amok gemaak in die 2023 seisoen.
Attie kon verlede jaar die eerste 5 “best birds” oplewer met 11 van die eerste 20 “Best birds” in die organisasie wat ook aan Attie behoort.
Attie se basis duiwe bestaan uit sy Lambrechts wat hy gekruis het met Kannibaal, Tom Locks, Koopman, Sablon Bak 17 om net ‘n paar te noem.
Sy groot sukses het gekom toe hy die Lambrechts met die ingevoerde Kittels ook begin kruis het.
Attie se duiwe skatkis is die feit dat sy duiwe die vermoë het om die beste gene te kan oordra.
Duiwe wat geweldige waarde sal toevoeg tot enige duiweboer se hok.
Gryp die geleentheid met ope arms aan.

No products were found matching your selection.